
KLEUR FOTOS: Gys Loubser
SWART EN WIT FOTOS: Stephanie Gericke
Cintaine Schutte en Carel Nel speel nie aldag op die verhoog saam nie, maar die tyd is reg. Die twee gesels met DIANE DE BEER oor hulle jongste stuk ‘n Begin, wat Donderdag 30 Januarie by die Mark Teater in Johannesburg begin, oor hulle prosesse:

Cintaine Schutte en Carel Nel in rehearsals (links) saam met Tinarie van Wyk Loots (regisseur) en verhoogbestuurder Lize-Marie Wait (regs)
HOEWEL hulle werkprosesse baie verskil, is daar darem baie voordele ook aan saamwerk.
“Hoe nader ons kom aan die speelvak by die Mark Teater (Johannesburg), is dit net ‘n luuksheid dat ek dadelik ‘n wordrun kan doen saam met Carel in die sitkamer of ons kan praat oor die karakters,” vertel Cintaine.
“Maar natuurlik is daar altyd tussen hom en my ‘n Cintaine en Carel. Daar’s ‘n tyd wanneer ons praat oor werk en daars ‘n tyd wanneer ons nie praat oor werk nie, want ons moet ook lewe tussenin, en ek moet dit ook respekteer.”
Sy is iemand wat te veel wil praat oor werk, en dikwels belaai met notaboekies en bladsye vol geskryf. “Dan sien ek vir Carel op die bank lê en as ek vra ‘wat doen jy’, dan sê hy, hy dink aan die scenes en hoe dit uitspeel in sy kop.
“Ek moet dit op die bladsy hê. Ek dink ook dis belangrik om nie altyd uit te vra oor sy werkproses nie, want dan verras jy jouself op die vloer. As ek uit ‘n gemaklike plek uit speel, kan ek enige iets regkry. Vir my is voorbereiding baie groot.”
Carel besef dat almal anders werk. “Ek het nog nooit met ‘n akteur gewerk wat presies dieselfde werksprosesse as ek het nie. Dis normaal, en jy moet dit maar net respekteer. Elke persoon werk anders. Solank die eindresultaat positief is, gee ek nie rerig om hoe die ander se prosesse werk nie.”
Vir hom is die belangrikste om by die waarheid van die stuk uit te kom en die eerlikheid daarin vind. En egos moenie deel van die proses wees nie.
“Dis die eerste maal in ‘n lang tyd dat die twee van ons saamwerk maar as vervaardiger toe ek eers besluit het dat Tinarie van Wyk Loots (onder links) die regisseur is, het ek haar die keuse laat maak van wie my Daniel sou wees. Sy het nie eerse tweekeer gedink nie, en dadelik Carel voorgestel want sy het gesê dit kort ‘n akteur met gravitas en sy het al met Carel gewerk met Baby I Love You.”


Cintaine was dadelik opgewonde oor die saamwerk. “Hy is natuurlik ‘n goeie akteur, en daar sou ‘n shorthand tussen ons wees maar ek was ook bietjie huiwerig dat man en vrou in regte lewe op die verhoog gaan staan. Maar dit is waar die verbeelding van teater inkom waar ons verdwyn in die karakters.
“Ek het ook iemand gekies wie se spelleiding baie sterk moet wees en daarom het ek as vervaardiger vir Tinarie gekies.”
Sy weet sy sal die vertroue wat hulle in die regte lewe het verplaas na die verhoog en nie te veel druk daarop plaas nie. En dan kyk waar die kreatiewe proses hulle neem. Maar sy wil ook seker maak dat hulle lekker kan speel en fun kan hê met die stuk.
Hoewel Carel vier of vyf jaar laas op die verhoog was gaan hy die stuk benader soos enige ander stuk met enige ander akteur of aktrise. “Julle moet mekaar toelaat om julle eie prosesse te volg en dis wat ons doen.”
Cintaine vertel dat hulle aan die begin van verlede jaar iewers in Europa saam op ‘n trein was toe iets vir haar fluister dat sy weer lus is om te vervaardig. Kies ‘n stuk wat jy sal wil doen, is verder gefluister.
“Toe dink sy aan ‘n two-hander want dit is miskien beter as ‘n groot rolverdeling. Mens wil soms groot gaan maar dis moeilike tye.”

Met navorsing kom sy op David Eldridge se Beginning af, bestel die play, kry dit en begin lees. Dit het haar gevang. Dit is ‘n stuk wat haar geraak en gepraat het.
“Laura is 38 en Daniel is 42 en dit raak baie punte aan van gesprekke wat ek al met my vriende gehad het, die psige van mense ons ouderdom. Dis ‘n baie naturalistiese play in die sin dat dit speel in regte tyd oor 80 minute, daar’s geen truuks of twists of plot -turns nie. Dis net ‘n slice of life.
“Hierdie stuk praat met my en ek het gedink ek moet iemand on board kry wat vertaling goed ken en wat dit kan lokaliseer. Ek besluit toe op Nico Scheepers juis omdat ek al met hom gewerk het met Tienduisend Ton en ‘n fliek wat hy ook vertaal het.
“Die speelbaarheid het ook baie te maak met die vertaling en ek dink Nico het baie goeie werk gedoen.” Tog met die eerste week van repetisies het sy, Carel, Tinarie en hulle verhoogbestuurder Lize-Marie Wait ook gesit en dit hulle eie gemaak. “Ons het gesny waar ons gedink het maar nie te ver van Nico se vertaling verwerk nie, maar ons eie stempel daarop afgedruk.”
Nou kan hulle met repetisies dit eg Suid Afrikaans hou, en die twee mense wat in die Kaap woon met eerlikheid speel.

Cintaine vertel dat daar baie verskillende temas aangeraak word en dat die skrywer baie lekker stories vertel. Die stuk het al oor die hele wêreld gespeel en die skrywer en sy agent was baie opgewonde oor die Suid Afrikaanse speelvak.
Vir haar as vervaardiger is dit ook lekker om van die sukses te hoor. “The proof is in the pudding, en juis omdat dit in soveel lande gespeel het, beteken dat dit praat met mense.”
Vir Carel is die temas wat uitstaan, eensaamheid in die moderne wêreld. Dit handel oor mense van hulle ouderdom, laat 30s en vroeë 40s, hoe om iemand te vind in liefde en in vriendskap in die moderne wêreld van Tinder, Facebook en Instagram.
“Hoe navigate jy om iemand te ontmoet. Dit klink dalk of dit makliker is maar dit kompliseer eintlik dinge,” sê Carel. “Dit maak dit anders, en op daai ouderdom is mense getroud of geskei, hulle kom met baie baggage, so dis ook wat elke persoon saamdra. Wanneer jy iemand nuuts ontmoet is daar allerhande goeters wat jy uitvind.
“Die skryfwerk is baie naturalisties, dis twee mense wat mekaar ontmoet aan die einde van ‘n aand na ‘n partytjie, en ek dink Nico het ‘n baie goeie vertaling gedoen soos altyd. Dis net ‘n blik op die lewe, dis 90 minute waarin twee mense mekaar ontmoet vir die eerste keer, maar albei het ‘n verlede.”
Cintaine se karakter is Laura, 38 jarige vrou, en ‘n besturende direkteur by haar maatskappy. Sy is baie suksesvol, het sopas ‘n woonstel in Sandton gekoop en dit was haar housewarming
“Sy is ‘n interessante kat en dit is so lekker om met Tinarie te werk want sy gee my so baie insig, verskillende perspektiewe om hierdie karakters in fully-fleshed mense te verander.”
Hulle hoop gehore sal hulleself of ander in die karakters herken.
“Laura is baie ver verwyderd van my af, en nou dat ek ‘n breuk gehad het na verlede jaar se Woordfees, is dit lekker dat ek weer bietjie kan deepdive in haar psige. Sy het ‘n baie goeie selfbeeld, lyk na ‘n baie sterk vrou, en sy sê haar vriende is jaloers op haar, die aande uit, die sukses. Sy is so in beheer van haar eie lewe.”

Dis hoe dit voorkom sê Cintaine, maar onder draai die duiwels rond. “Diep, diep binne is sy baie alleen en eensaam. Sy wil ook die wit trourok he, die kinders, ‘n familie. Sy wil ook iemand na haar huis toe kan nooi om te kuier. Dis maar die primere behoeftes van menswees en sy het dit nie in haar lewe nie.”
As dit by Cintaine kom wat haarself beskryf as “‘n groot empath”, sy het empatie met Laura, maar sy sal moet diep gaan delf om daai eerlikheid te kan speel wanneer sy uitkom by hierdie vreemdeling.
“Want ek dink nie sy deel verskriklik baie nie, sy bou mure op waar ek self so min mure het dat ek te baie deel. Maar as sy met Daniel begin deel, dan sien ons wat gebeur as daardie mure afgebreek word, en hoe die eerlikheid uitkom.”
“Daniel is ook baie anders as ek, dra baie bagasie saam met hom rond,en het baie verkeerde besluite geneem in sy lewe,” vertel Carel. “Hy is alleen en op soek na iets. Ek dink hy soek na human connection as gevolg van omstandighede en waar hy is in sy lewe hy is.

“Hy is baie anders as ek maar tot ‘n mate tog die selle. Elke mens soek maar connection, dis alles goeters wat jy verstaan. Hy’s net gewone man wat soek na die dinge wat ons almal wil he.
“Ek hoop mense geniet dit obviously, ek hoop hulle lag want ek vind van dit nogal komies en snaaks en ek hoop mense hou van die karakters want hulle is gewone mense met goeie harte wat eintlik net hulle pad deur hierdie wêreld probeer vind en ek hoop tot ‘n mate dat die gehoorlede sal voel asof hulle voyeuristies (nie op weird manier nie), kyk hoe mense mekaar ontmoet, die op en af van nuwe verhoudings, dis wat ek hoop wat mense sal ervaar.”
Vir Cintaine as vervaardiger is dit ‘n groot eer om in een van ons land se beste teaters te kan speel en die stuk na Gautengse gehore te kan bring. Butterflies is daar, sê sy maar daar is niks lekkerder as om op ‘n verhoog te staan met ‘n gehoor nie. “Hulle voel amper vir my soos deel van die stuk, nog ‘n karakter. Die energie is so tasbaar in daai 90 minute, mens moet maar duimvas hou dat dit werk.”
Maar die ergste lekker lê vir haar by die optel repetisies wanneer jy kan werk aan die stuk en so gemaklik as moontlik kan wees voor jy op die verhoog klim.
Vir Carel is dit sy eerste liefde. Dis wat hy geswot het, intussen paar liefdes bygekry, “Cintaine is een van hulle maar ook televisie en film en baie lekker om terug te wees … op die verhoog.”
Vir“hom is die lekkerte altyd die repetisie periode want “as jy begin en jy kry die ritmes, is dit amper soos jou eie klein geheimpie en ek hou nogal daarvan om dit vir myself te hou. Dan kom die anxieties van nou moet ons dit deel met ander mense. Gaan jy gejudge word, is jy goed genoeg. maar jy kom oor dit alles en beweeg terug na die eerlikheid van die storie wat jy met mense wil deel. Jy leer om met die anxieties saam te leef.”
“As die stuk lekker speel, is dit ‘n wen situasie, en as mens by ‘n teater kan speel en ons sal graag na verskillede feeste wil reis,” sê Cintaine oor die verloop van die stuk.
Sy speel ook bietjie met die idee omdat sy die laaste paar jaar huiskonserte gedoen het dat mens die stuk in iemand se sitkamer kan doen. Maar sy besef ook sy moet haar mede akteur respekteer en dit sal afhang of hy dit sal wil doen, getroud of nie.
Dit is ‘n baie anderste energie en tipe intimiteit wat jy jouself voor oopmaak, vertel sy, maar miskien is dit tog iets wat die stuk voor vra. “Die tyd sal leer,” sê sy.
Vir Carel sal dit afhang van sy beskikbaarheid, sê hy tong-stewig-in-kies. “Maar sy sal maar my beskikbaarheid moet check, want ek is soms nogal besig.”
En ons wat teater kyk, hou duimvas dat dit goed gaan met die twee – deesdae gesoute -akteurs, en dat hule die land deur speel met ‘n Begin.
*Die twee toegewyde akteurs het vrae beantwoord terwyl hulle luilekker in Griekeland getoer het verlede jaar voor die Woordfees speelvak. Die het intussen suksesvol plaasgevind met baie goeie terugvoer. Dit open 30 Januarie by Johannesburg se ikoniese Mark Teater en die speelvak is tot 16 Februarie.
Om te bespreek:
https://www.webticket.co.za/v2/event.aspx?itemid=1558065074