DANEEL DEINS NIE WEG VAN DIE DUBBELDOOR

SPIER TONEEL

Produksies: ge-gebergtes en Grootmeisie
Deur: Diane de Beer
Foto’s: Nardus Engelbrecht, Gys Loubser, Hans van der Veen

Daneel van der Walt saal ’n wilde perd op en speel die vroulike hoofrol in twee belangrike stukke by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees: Rachelle Greef se Grootmeisie wat met die Reinet Nagtegaal-teksprys bekroon is, en Saartjie Botha se ge-gebergtes. Gelukkig, het sy aan Diane de Beer gesê, is daar mense agter die skerms wat ’n mens mooi oppas.

Om in twee stukke deur twee uiteenlopende maar uitmuntende skrywers te speel – Rachelle Greef se Grootmeisie en Saartjie Botha se ge-gebergtes – kan uitdagend en selfs skrikwekkend wees, maar Daneel van der Walt sien vir baie kans.

Saartjie se manier van skryf is heeltemal anders as Rachelle s’n, sê sy. “Albei van hulle het om baie uiteenlopende redes hulle stukke geskryf. Saartjie het geskryf uit wat sy ervaar noudat haar ma in die ouetehuis is en die stories wat sy daar gehoor het, terwyl Rachelle sê die stuk gaan nie oor haar nie, maar dalk tog ’n bietjie oor haar verlede.

“Saartjie het dus meer uit haar hede geskryf en Rachelle uit haar verlede. Die stukke kom as’t ware uit verskillende plekke van jou lyf, hart en psige, en dit raak jou ook op verskillende maniere. Die feit dat albei vroue is, is net ’n bonus. Dis vir my baie mooi dat ek twee vroue se stemme verder kan vat op die verhoog.”

Grootmeisie met Lee-Ann van Rooi as regisseur en Jefferson J. Dirks-Korkee, Wian Taljaard en René Cloete in die rolverdeling is die nuwer stuk. Rachelle skryf nie so dikwels vir die verhoog nie, sê Daneel, maar wanneer sy ’n drama aanpak, weet ’n mens hier kom ’n ding.

Dis g’n verrassing dat sy met die teks van Grootmeisie haar tweede Reinet Nagtegaal-teksprys gewen het nie.

Daneel speel die rol van die vrou om wie die stuk draai, en jy kan maar weet die poppe gaan dans met Lee-Ann wat gereeld vir Daneel sê sy “kan maar gooi”. “Dit is net die aanmoediging wat ek wil hê. Ek is so bederf met hierdie voortreflike span en vergaap my aan die talent op die verhoog,” sê sy. “Ek het ook lanklaas met ’n teks gewerk wat vrá jy moet gooi – boonop met die ondersteuning van die regisseur.

“Baie mense sal sê menopouse gaan oor hot flushes en estrogeen, maar dit gaan ook nie net oor die gewig wat jy aansit of die veranderinge in jou liggaam nie, want die proses verloop anders vir elke vrou. Vir party is dit hormonaal, ander ervaar dit weer totaal anders. Die vroulike liggaam is baie meer kompleks as dié van mans op wie alles getoets word. Die mediese veld is so agter as dit by die vroulike liggaam kom, ons leer maar bymekaar.”

Wat in Grootmeisie gebeur, is dat Daneel Merwe, beter bekend as Danny, vanweë al die verskuiwings in haar liggaam terugduik in haar verlede, en met die terugblik val sy uitmekaar.

“Dit is ’n complete en utter undoing, maar in daai uitmekaarval, vind sy weer haarself en keer terug as ’n mens wat baie meer gegrond is. Sy begin soos ’n warrelwind en eindig soos ’n boom,” verduidelik Daneel.

Dit is ’n complete en utter undoing, maar in daai uitmekaarval, vind sy weer haarself en keer terug as ’n mens wat baie meer gegrond is. Sy begin soos ’n warrelwind en eindig soos ’n boom.

Vir haar is dit ’n “mooi en mal” stuk, presies soos sy daarvan hou. “Ons doen dit op Brechtiaanse manier van weer terugval na jouself, as dit sin maak? Maak ek sin? Dit is ’n lyn uit die stuk,” gesels sy voort.

“Dit is lekker om op die verhoog iets aan te spreek wat nie juis aangespreek word nie. Eintlik moet ons skaam kry hieroor, soos wat ons veronderstel is om skaam te kry vir ons maandstonde of moet stilbly oor die vroueliggaam. Die wêreld is vol falliese simbole, maar praat oor vrouegoed? O nee, ons kan nie daaroor praat nie, ook nie oor depressie nie, want dit maak mense ongemaklik. Depressie gebeur ook met vroue en dis nie ’n skande nie, dis die lewe.”

Daneel sê sy is mal oor toneelstukke waar sy aan die einde totaal pê voel. “Ek hou daarvan om fisiek en psigies kláár te wees aan die einde van ’n stuk – en dis presies wat Grootmeisie doen.”

Saartjie se ge-gebergtes met Wessel Pretorius as regisseur is weer iets gans anders. Dit gaan oor ’n man, prof. Herman Delport, wat ná die dood van sy dogter en die moeilikheid om haar lyk van oorsee af terug te bring, ’n kombinasie van eensaamheid, frustrasie en absolute hartseer ervaar.

“ ’n Deel van die probleem is ook die moeilikheid wat ’n mens ervaar met tegnologie, wat ons almal uiteindelik ongelooflik isoleer. Oom Herman oorleef ’n selfdoodpoging en keer terug na die aftreeoord waar mense sukkel om dit te hanteer omdat hulle nie opgelei is om met psigo-sosiale stresfaktore te werk nie.”

Daneel speel die psigiater wat ’n bietjie moed verloor en afgetakel word deur die gebroke mense wat sy elke dag sien. Oom Herman se vermoë om sy verlatenheid te verwoord in sy gesprekke met die psigiater, maak haar ’n bietjie sagter.

Om nou teenoor ’n nuwe oom Herman te speel – Carel Trichardt het die rol by Nic de Jager oorgeneem – verander ook dinge. “Almal het hulle eie pas, ’n manier van doen en speel, en dis interessant om te sien hoe dit ook die ritme van die stuk beïnvloed,” verduidelik sy.

Dit is lekker om op die verhoog iets aan te spreek wat nie juis aangespreek word nie. Eintlik moet ons skaam kry hieroor, soos wat ons ons veronderstel is om skaam te kry vir ons maandstonde of moet stilbly oor die vroueliggaam.

By hulle laaste repetisie het hulle gesels oor hoe lekker dit is om deel te wees van ’n geselskap met mense wat so lief en wonderlik is soos Birrie le Roux (stel- en kostuumontwerper), Sylvaine Strike (choreograaf) en Charl-Johan Lingenvelder (komponis en musikale verwerker) wat so goed is met wat hulle doen.

“Dis ’n voorreg vir die spelers om vasgehou te word deur so ’n groot span wat Saartjie en Wessel Pretorius, die regisseur, insluit, en natuurlik Lulu Kieser, die verhoogbestuurder, wat altyd vir almal instaan en regstaan.

“Hoe gaan ek cope met twéé stukke? Wel, ek doen dit mos nie alleen nie. Ons akteurs word goed ondersteun deur die mense agter die skerms wat ons baie mooi oppas. Maar hoe ek gaan cope, sal ons moet sien!”

ge-gebergtes
3 & 4 OKT 10:00 | 5 OKT 19:30 | 6 OKT 10:30
Jammerlik reeds gespeel, maar hou dop vorentoe

Grootmeisie
9 OKT 20:00 | 10 OKT 13:00 & 16:00
Open Window-kampus
R210-R350 | R240-R380 by die deur
Geen 0.14

TROU- EN SPEELMAATS CINTAINE SCHUTTE EN CAREL NEL MAAK ‘n BEGIN BY DIE MARK TEATER

KLEUR FOTOS: Gys Loubser

SWART EN WIT FOTOS: Stephanie Gericke

Cintaine Schutte en Carel Nel speel nie aldag op die verhoog saam nie, maar die tyd is reg. Die twee gesels met DIANE DE BEER oor hulle jongste stuk ‘n Begin, wat Donderdag 30 Januarie by die Mark Teater in Johannesburg begin, oor hulle prosesse:

Cintaine Schutte en Carel Nel in rehearsals (links) saam met Tinarie van Wyk Loots (regisseur) en verhoogbestuurder Lize-Marie Wait (regs)

HOEWEL hulle werkprosesse baie verskil, is daar darem baie voordele ook aan saamwerk.

“Hoe nader ons kom aan die speelvak by die Mark Teater (Johannesburg), is dit net ‘n luuksheid dat ek dadelik ‘n wordrun kan doen saam met Carel in die sitkamer of ons kan praat oor die karakters,” vertel Cintaine.

“Maar natuurlik is daar altyd tussen hom en my ‘n Cintaine en Carel. Daar’s ‘n tyd wanneer ons praat oor werk en daars ‘n tyd wanneer ons nie praat oor werk nie, want ons moet ook lewe tussenin, en ek moet dit ook respekteer.”

Sy is iemand wat te veel wil praat oor werk, en dikwels belaai met notaboekies en bladsye vol geskryf. “Dan sien ek vir Carel  op die bank lê en as ek vra ‘wat doen jy’, dan sê hy, hy dink aan die scenes en hoe dit uitspeel in sy kop.

 “Ek moet dit op die bladsy hê.  Ek dink ook dis belangrik om nie altyd uit te vra oor sy werkproses nie, want dan verras jy jouself op die vloer. As ek uit ‘n gemaklike plek uit speel, kan ek enige iets regkry. Vir my is voorbereiding baie groot.”

Carel besef dat almal anders  werk. “Ek het nog nooit met ‘n akteur gewerk wat presies dieselfde werksprosesse as ek het nie. Dis normaal, en jy moet dit maar net respekteer. Elke persoon werk anders. Solank die eindresultaat positief is, gee ek nie rerig om hoe die ander  se prosesse werk nie.”

Vir hom is die belangrikste om by die waarheid van die stuk uit te kom en die eerlikheid daarin vind. En egos moenie deel van die proses wees nie.

“Dis die eerste maal in ‘n lang tyd dat die twee van ons saamwerk maar as vervaardiger toe ek eers besluit het dat Tinarie van Wyk Loots (onder links) die regisseur is, het ek haar die keuse laat maak van wie my Daniel sou wees. Sy het nie eerse tweekeer gedink nie, en dadelik Carel voorgestel want sy het gesê dit kort ‘n akteur met gravitas en sy het al met Carel gewerk met Baby I Love You.”

Cintaine  was dadelik opgewonde oor die saamwerk. “Hy is natuurlik ‘n goeie akteur, en daar sou ‘n shorthand tussen ons wees maar ek was ook bietjie huiwerig dat man en vrou in regte lewe op die verhoog gaan staan. Maar dit is waar die verbeelding van teater inkom waar ons verdwyn in die karakters.

 “Ek het ook iemand gekies wie se spelleiding baie sterk moet wees en daarom het ek as vervaardiger vir Tinarie gekies.”

Sy weet sy sal die vertroue wat hulle in die regte lewe het verplaas na die  verhoog en nie te veel druk daarop plaas nie. En dan kyk waar die kreatiewe proses hulle neem. Maar sy wil ook seker maak dat hulle lekker  kan  speel  en  fun  kan hê met die stuk.

Hoewel  Carel vier of   vyf   jaar laas  op die verhoog was  gaan hy  die  stuk   benader soos enige ander stuk met enige ander akteur of aktrise. “Julle moet mekaar toelaat om julle eie prosesse te volg en dis wat ons doen.”

Cintaine vertel dat hulle aan die begin van verlede jaar iewers in Europa saam  op ‘n trein was toe iets  vir  haar  fluister  dat sy weer lus is om te vervaardig. Kies ‘n stuk wat jy sal wil doen, is verder gefluister.

“Toe dink sy aan ‘n two-hander want dit is miskien beter as ‘n groot rolverdeling. Mens  wil soms groot gaan maar dis moeilike tye.”

Met navorsing kom sy op David Eldridge se Beginning af, bestel die play, kry dit en begin lees. Dit het haar gevang. Dit is ‘n stuk wat haar geraak en gepraat het.

“Laura is 38 en Daniel is 42 en dit raak baie punte aan van gesprekke wat ek al met my vriende gehad het, die psige van mense ons ouderdom. Dis ‘n baie naturalistiese play in die sin dat dit speel in regte tyd oor 80 minute, daar’s geen truuks of twists of plot -turns nie. Dis net ‘n slice of life.

“Hierdie stuk praat met my en ek het gedink ek moet iemand on board kry wat vertaling goed ken en wat dit kan lokaliseer.  Ek besluit toe op Nico Scheepers juis omdat ek al met hom gewerk het met Tienduisend Ton en ‘n fliek wat hy ook vertaal het.

“Die speelbaarheid het ook baie te maak met die vertaling en ek dink Nico het baie goeie werk gedoen.”  Tog met die eerste week van repetisies het sy, Carel, Tinarie en hulle verhoogbestuurder Lize-Marie Wait ook gesit en  dit hulle eie gemaak. “Ons het gesny waar ons gedink het maar nie te ver van Nico se vertaling verwerk nie, maar ons eie stempel daarop  afgedruk.”

Nou kan hulle met repetisies dit eg Suid Afrikaans hou, en die twee mense wat in die Kaap woon met eerlikheid speel.

Cintaine vertel dat daar baie verskillende temas aangeraak word en dat die skrywer baie lekker stories vertel. Die stuk het al oor die hele wêreld gespeel en die skrywer en sy agent was baie opgewonde oor die Suid Afrikaanse speelvak.

Vir haar as vervaardiger is dit ook lekker om van die sukses te hoor. “The proof is in the pudding, en juis omdat dit in soveel lande gespeel het, beteken dat dit praat met mense.”

Vir Carel is die temas wat uitstaan,  eensaamheid in die moderne wêreld. Dit handel oor mense van hulle ouderdom, laat 30s en vroeë 40s, hoe om iemand te vind in liefde en in vriendskap in die moderne wêreld van Tinder, Facebook en Instagram.

 “Hoe navigate jy om iemand te ontmoet. Dit klink dalk of dit makliker is  maar dit kompliseer eintlik dinge,”  sê Carel. “Dit maak dit anders,  en op daai ouderdom is mense getroud of geskei, hulle kom met baie baggage, so dis ook wat elke persoon saamdra. Wanneer jy iemand nuuts ontmoet is daar allerhande goeters wat jy uitvind.

“Die skryfwerk is baie naturalisties, dis twee mense wat mekaar ontmoet aan die einde van ‘n aand na ‘n partytjie, en ek dink Nico het ‘n baie goeie vertaling gedoen soos altyd. Dis net ‘n blik op die lewe, dis 90 minute waarin twee mense mekaar ontmoet vir die eerste keer, maar albei het ‘n verlede.”

Cintaine se karakter is Laura, 38 jarige vrou, en ‘n besturende direkteur by haar maatskappy. Sy is baie suksesvol, het sopas ‘n woonstel in Sandton gekoop en dit was haar housewarming  

“Sy is ‘n interessante kat en dit is so lekker om met Tinarie te werk want sy gee my so baie insig, verskillende perspektiewe om hierdie karakters in fully-fleshed mense te verander.”

Hulle hoop gehore sal hulleself of ander in die karakters herken.

“Laura is baie ver verwyderd van my af, en nou dat ek ‘n breuk gehad het na verlede jaar se Woordfees, is dit lekker dat ek weer bietjie kan deepdive in haar psige. Sy het ‘n baie goeie selfbeeld, lyk na ‘n baie sterk vrou, en sy sê haar vriende is jaloers op haar, die aande uit, die sukses. Sy is so in beheer van haar eie lewe.”

Dis hoe dit voorkom sê Cintaine, maar onder draai die duiwels rond. “Diep, diep binne is sy baie alleen en eensaam. Sy wil ook die wit trourok he, die kinders, ‘n familie. Sy wil ook iemand na haar huis toe kan nooi om te kuier. Dis maar die primere behoeftes van menswees en sy het dit nie in haar lewe nie.”

As dit by Cintaine kom wat haarself beskryf as  “‘n groot empath”, sy het empatie met Laura, maar sy  sal moet diep gaan delf om daai eerlikheid te kan speel wanneer sy uitkom by hierdie vreemdeling.

“Want ek dink nie sy deel verskriklik baie nie, sy bou mure op waar ek self so min mure het dat ek te baie deel. Maar as sy met Daniel begin deel, dan sien ons wat gebeur as daardie mure afgebreek word, en hoe die eerlikheid uitkom.”

“Daniel is ook baie anders as ek, dra baie bagasie saam met hom rond,en het baie verkeerde besluite geneem in sy lewe,” vertel Carel. “Hy is alleen en op soek na iets. Ek dink hy soek na human connection as gevolg van omstandighede en waar hy is in sy lewe hy is.

“Hy is baie anders as ek maar tot ‘n mate tog die selle. Elke mens soek maar connection, dis alles goeters wat jy verstaan. Hy’s net gewone man wat soek na die dinge wat ons almal wil he.

“Ek hoop mense geniet dit obviously, ek hoop hulle lag want ek vind van dit nogal komies en snaaks en ek hoop mense hou van die karakters want hulle is gewone mense met goeie harte wat eintlik net hulle pad deur hierdie wêreld probeer vind en ek hoop tot ‘n mate dat die gehoorlede sal voel asof hulle voyeuristies (nie op weird manier nie),  kyk hoe mense mekaar ontmoet, die op en af van nuwe verhoudings, dis wat ek hoop wat mense sal ervaar.”

Vir Cintaine as vervaardiger is dit ‘n groot eer om in een van ons land se beste teaters te kan speel en die stuk na Gautengse gehore te kan bring. Butterflies is daar, sê  sy maar daar is niks lekkerder as om op ‘n verhoog te staan met ‘n gehoor nie. “Hulle voel amper vir my soos deel van die stuk, nog ‘n karakter. Die energie is so tasbaar in daai 90 minute, mens moet maar duimvas hou dat dit werk.”

Maar die ergste lekker lê vir haar by die optel repetisies wanneer jy kan werk aan die stuk en so gemaklik as moontlik kan wees voor jy op die verhoog klim.

Vir Carel is dit sy eerste liefde. Dis wat hy geswot het, intussen paar liefdes bygekry, “Cintaine is een van hulle maar ook televisie en film en baie lekker om terug te wees … op die verhoog.”

Vir“hom is die lekkerte altyd die repetisie periode want “as jy begin en jy  kry die ritmes, is dit amper soos jou eie klein geheimpie en ek hou nogal daarvan om dit vir myself te hou. Dan kom die anxieties van nou moet ons dit deel met ander mense. Gaan jy gejudge word, is jy goed genoeg. maar jy kom oor dit alles en beweeg terug na die eerlikheid van die storie wat jy met mense wil deel. Jy leer om met die anxieties saam te leef.”

“As die stuk lekker speel, is dit ‘n wen situasie, en as mens by ‘n teater kan speel en ons sal graag na verskillede feeste wil reis,” sê Cintaine oor die verloop van die stuk.

Sy speel ook bietjie met die idee omdat sy die laaste paar jaar huiskonserte gedoen het dat mens  die stuk in iemand se sitkamer kan doen. Maar sy besef ook sy  moet  haar mede akteur respekteer en dit sal afhang of hy dit sal wil doen, getroud of nie.

Dit is ‘n baie anderste energie en tipe intimiteit wat jy jouself voor oopmaak, vertel sy, maar miskien is dit tog iets wat die stuk voor vra. “Die tyd sal leer,” sê sy.

Vir Carel sal dit  afhang van sy beskikbaarheid,  sê hy tong-stewig-in-kies. “Maar sy sal maar my beskikbaarheid moet check, want ek is soms nogal besig.”

En ons wat teater kyk, hou duimvas dat dit goed gaan met die twee – deesdae gesoute -akteurs, en dat hule die land deur speel met ‘n Begin.

*Die twee toegewyde akteurs het vrae beantwoord terwyl hulle luilekker in Griekeland getoer het verlede jaar voor die Woordfees speelvak. Die het intussen suksesvol plaasgevind met baie goeie terugvoer. Dit open 30 Januarie by Johannesburg se ikoniese Mark Teater en die speelvak is tot 16 Februarie.

Om te bespreek:

https://www.webticket.co.za/v2/event.aspx?itemid=1558065074